Skip to content

Rugby: Bulle glo hulle kan steeds tuiswedstryd in VRK-kwarteindronde beklink

# Rugby: Die Bulle glo hulle kan steeds ‘n tuis-kwarteindstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap beklink. Hulle het na agste plek op die punteleer opgeskuif na Vrydag se bonuspunt-oorwinning van 47-7 oor Dragons in Newport, met nog drie groepwedstryde oor voor die uitspeelrondes. Die eerste vier spanne sal die kwarteindstryde aanbied. Die Bulle het ‘n wegwedstryd teen Scarlets voordat hulle die groepronde tuis afsluit teen die Italiaanse spanne Benetton en Zebre. As spanne hoër op die punteleer verloor, is ‘n kwarteindstryd in Pretoria nie so vergesog nie.