# Die gasvryheidsbedryf worstel met ‘n toenemende talentkrisis, ondanks ‘n herstel in die sektor. Volgens ‘n verslag deur Suid‑Afrikaanse hotelgroepe is meer as 10,48-miljoen internasionale besoekers in 2025 aangemeld, met stygende aanvraag en verbeterde kamerbenutting. Die verslag toon egter dat 77-persent van hotel-eienaars sukkel om personeel te werf en te behou, terwyl 58-persent dalende winste aanteken. Bedryfsleiers sê die uitdaging is nie weens ‘n gebrek aan kandidate nie, maar ‘n tekort aan vaardighede, die regte ingesteldheid en fokus op dienslewering, wat ‘n verskuiwing na opleiding, mentorskap en werwing noodsaak.
Gasvryheidsoplewing verberg talentkrisis in Suid-Afrika