Skip to content

Ramaphosa vra landsburgers om hulle weer tot die versterking van die land se demokrasie te verbind

# President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse samelewing bly gegrond op ʼn kultuur van menseregte, die oppergesag van die reg en die uitdrukking van mense se wil deur gereelde verkiesings. Hy het die naweek in Spanje deelgeneem aan die vierde vergadering van die In Defence of Democracy-veldtog. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief demokrasie word op baie plekke bedreig en die beginsels van eendragtigheid, samewerking en vriendskap word uitgedaag. Hy sê wanneer Suid-Afrika volgende week Vryheidsdag vier, moet landsburgers hulle weer verbind tot die verdediging en versterking van die land se demokrasie.