Skip to content

Rugby: Bok-vrouesewespan se afrigter sê hulle kan baie leer uit Hongkong

# Rugby: Die afrigter van die Springbok Vroue-sewesspan, Cecil Afrika, sê heelwat lesse kan geleer word uit hul vertonings in Hongkong in die eerste van drie Wêreldkampioenskaps-toernooie. Die span het in hulle groepswedstryde teen Australië en Kandada verloor en vir Groot-Brittanje geklop. Hulle het daarna teen die Britte vasgeval in die uitspeelstryd om die negende plek en 12de geëindig toe hulle teen Argentinië verloor het. Afrika sê baie harde werk lê voor vir die toernooie in Spanje en Frankryk in Mei en Junie.