# Iran het volgens berigte ʼn tweede ronde vredesamesprekings met Amerika verwerp. Dit sou vandag in Islamabad, Pakistan, plaasvind. Hulle sê Amerika se eise is buitensporig, hul verwagtinge onrealisties, hulle standpunt verander gedurig en die voortgesette vloot-blokkade is volgens Iran ʼn verbreking van die skietstilstand. Dit volg nadat die Withuis bevestig het dat visepresident JD Vance nog ʼn afvaardiging in ʼn tweede ronde samesprekings sou lei. Iran sê Amerika se dreigende retoriek belemmer die onderhandelings se vordering. Die skietstilstand van twee weke tussen die twee lande verstryk Woensdag.
Iran verwerp volgens berigte ’n tweede ronde vredesamesprekings met Amerika