# Krieket: Die Punjab Kings is steeds onoorwonne in die Indiese Premierliga ná hulle sege van 54 lopies oor die Lucknow Super Giants. Priyansh Arya het 93 en Cooper Connolly 87 van Punjab se 254 vir sewe bygedra in hul vennootskap van 182 in 80 balle op die tweede paaltjie. Lucknow kon slegs 200 vir vyf in hul 20 boulbeurte behaal. In Kolkata het die Kolkata Knight Riders die Rajasthan Royals met vier paaltjies verslaan en hul eerste IPL-sege van die seisoen beklink. Rinku Singh het ʼn onoorwonne 53 bygedra.
Krieket: Punjab Kings bly onoorwonne in IPL en Kolkata Knight Riders beklink eerste oorwinning