Skip to content

DA vra optrede omdat skuldigbevindings in vuurwapen-sake kommerwekkend laag bly

# Die DA vra die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, en die Nasionale Vervolgingsgesag se leierskap om rekenskap te gee van die kommerwekkende afname in skuldigbevindings in vuurwapen-verwante sake en mislukkings in die vervolgingstelsel. Woordvoerder Nicholas Gotsell sê die afgelope twee jaar is tien-duisend-315 sake van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in distriks- en streekhowe ingedien. Hy sê ses-duisend-569 daarvan is teruggetrek, 101 het gelei tot vryspraak en slegs een-duisend-671 het skuldigbevindings opgelewer.