# Die partye wat die veelparty-koalisieregering in Tshwane vorm, het die metro gelukgewens met ‘n jaar van gefokusde leierskap, bestendiging en meetbare vordering in die heropbou van die hoofstad. Hulle sê die metro het belangrike vordering gemaak in die herstel van finansiële bestendigheid, die versterking van bestuur en die heropbou van openbare vertroue. Die metro sê die volledig-befondsde en kontantgesteunde begroting, en die beter oudituitkomste weerspieël gedissiplineerde bestuur en ‘n ferm verbintenis tot verantwoordbaarheid. Die koalisie sê die vordering met ekonomiese herlewing is ewe noemenswaardig.
Veelparty-koalisieregering in Tshwane vier een jaar van dienslewering