Die direkteur van die vroueregtegroep, Wise4Afrika, Brenda Madumise-Pajibo, sê die parlementêre Justisieportefeuljekomitee sal getoets word op sy standpunt oor geslagsgeweld. Dit volg na die Regterlike Dienskommissie die Oos-Kaapse regterpresident Selby Mbenenge skuldig bevind het aan growwe wangedrag en seksuele teistering na ‘n klagte van voormalige hofsekretaris Andiswa Mengo. Die kommissie sal sy bevindinge aan die speaker van die Nasionale Vergadering voorlê en mag skorsing deur president Cyril Ramaphosa aanbeveel hangende die Parlement se besluit. Madumise-Pajibo sê die saak beklemtoon die magswanbalans in die regbank.
Wise4Afrika sê Mbenenge-saak sal parlement se optrede oor geslagsgeweld toets