Skip to content

Mkhwanazi aangestel om nasionale misdaadbestrydingstaakspan te lei [KLANK]

# Die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, is aangestel om ‘n nuwe projek te lei wat georganiseerde misdaad reg oor Suid-Afrika teiken. Hy sal voortgaan in sy provinsiale rol terwyl hy ‘n taakspan bestaande uit verskeie agentskappe koördineer wat fokus op sindikate, dwelmnetwerke en interne korrupsie binne wetstoepassing. Mkhwanazi sê die projek is daarop gemik om nasionale misdaadintelligensie te versterk, insluitend die politieke moorde-taakspan, terwyl bestendigheid in KwaZulu-Natal se wetstoepassing gehandhaaf word:

ENG-MkhwanaziOnTeam