# Atletiek: Die 27-jarige Gift Leotlela het sy nasionale 100-meter-titel in ‘n blitsige 10,15-sekondes verdedig op Atletiek Suid-Afrika se senior baan- en veldbyeenkoms in Stellenbosch. Joviale Mbisha het ook haar titel oor die afstand verdedig in 11,55-sekondes, met Viwe Jingqi tweede. Colette Uys het die skyfwerp oorheers met ‘n gooi van 57,86-meter, terwyl Aiden Smith goud gewen het in gewigstoot. Onder die langafstand-items het Kabela Mulaudzi die eerste keer die 10-duisend-meter gewen, en Tayla Kavanagh het haar persoonlike beste tyd behaal vir ‘n oorwinning in die vyf-duisend-meter.
Atletiek: Gift Leotlela behou sy 100m-titel op ASA se senior kampioenskap