Skip to content

Tennis: Djokovic onseker oor sy deelname aan die Madridse Ope

# Tennis: Daar is onsekerheid oor die driemalige kampioen, Novak Djokovic, se deelname aan volgende week se Madridse Ope. Die 38-jarige Serwiër sukkel met beserings en het nog nie weer aan die ATP-toer deelgeneem sedert hy verlede maand in die ronde van 16 in Indian Wells uitgeskakel is nie. Hy het aan die Miami-ope onttrek weens ‘n regterskouerbesering en ook verlede week se Monte-Carlo-meesterstoernooi misgeloop. Djokovic sê hy het weer begin oefen, maar sy deelname is nie gewaarborg nie en hang af van sy fiksheid in die komende dae.