# Israel se eerste minister Benjamin Netanyahu sê die Israelse weermag gaan nie uit sy posisies in die suide van Libanon onttrek tydens die skietstilstand van tien dae nie. Dit druis in teen die Iran-ondersteunde militante groep, Hisbolla, se eis dat hulle onttrek. Netanyahu sê die skietstilstand is daarop gemik om geskiedkundige samesprekings met Libanon voort te sit wat vroeër die week in Amerika begin het. Hy sê Israel het twee basiese eise vir hierdie vredesonderhandelings: eerstens, Hisbolla moet ontwapen word; en tweedens, ʼn volhoubare vredesooreenkoms, vrede deur krag.
Netanyahu sê Israel gaan in sy posisies in Libanon bly tydens die skietstilstand