# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Israel en Libanon het ooreengekom op ‘n tien dae lange skietstilstand. Meer as tweeduisend mense is sedert Maart in Israelse aanvalle in Libanon dood. Amptenare van beide lande het vroeër die week hul eerste regstreekse gesprekke in dekades in Washington gevoer. In ‘n plasing op Truth Social sê Trump die Amerikaanse visepresident, JD Vance, en die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sal nou met die twee lande saamwerk om ‘n blywende vrede te bereik.
Trump sê Libanon en Israel het ooreengekom op ‘n skietstilstand van 10 dae