Skip to content

Tennis: Sinner bly nommer een na Alcaraz se onttrekking aan Barcelona-ope

# Tennis: Die Italianer Jannik Sinner bly die mans-wêreld-nommer-een nadat sy groot teenstander, Carlos Alcaraz, moes onttrek aan die Barcelona-ope in sy vaderland, Spanje. Die tweemalige kampioen het ‘n gewrigs-besering opgedoen wat vrese laat ontstaan vir sy deelname aan die kleibaan-Grand Slam-toernooi, die France Ope, wat volgende maand begin. ‘n Titel-oorwinning vir Alcaraz in Barcelona sou hom die boonste posisie terugbesorg wat Sinner verlede naweek by hom afgeneem het toe hy die Monte-Carlo-meesterstoernooi gewen het.