Skip to content

Munisipaliteit van George se interne oudit in pas met globale interne oudits

# Die munisipaliteit van George in die Wes-Kaap sê sy interne oudit voldoen aan die standaarde van ‘n onlangse Eksterne Gehalteversekeringsoorsig. Die oorsig het die interne ouditfunksie met die jongste globale interne ouditstandaarde vergelyk wat die huidige internasionale riglyne vir die professie bied. Die munisipaliteit se hoof-ouditbeampte, Jean-Pierre Rossouw, sê die resultate wys daar is volwassendheid in verskeie sleutelgebiede, insluitend die gevestigde Interne Oudit Stigtingsakte en regeringsraamwerk, asook voortgesette fokus op risikobestuur.