# Gholf: Die Suid-Afrikaner, Casandra Alexander, lei ʼn ster-besaaide veld met vyf voormalige kampioene in die Johannesburgse Vroue Ope wat vandag by die Randpark-gholfklub afslaan. Alexander, wat in 2021 die laaste plaaslike kampioen van die toernooi en verlede jaar se naaswenner was, speel saam met landgenote soos Danielle du Toit, Gabrielle Venter en Nadia van der Westhuizen. Die Duitser, Celina Sattelkau, mik vir ʼn derde oorwinning in hierdie seisoen se toer, terwyl Lois Lau van Frankryk ook een van gunstelinge is om vanjaar se titel te wen.
Gholf: Casandra Alexander van Suid-Afrika lei veld by Johannesburgse Vroue Ope