# Die Stad Kaapstad sal na verwagting sy eerste elektriese bus in Augustus in ontvangs neem as deel van planne om ‘n groener openbare vervoervloot bekend te stel. Die 30 laevloer-elektriese busse sal in fases afgelewer word en sal op MyCiTi-roetes in die suidooste van die metro en ander gebiede aangewend word. Die raadslid vir die burgemeesterskomitee vir stedelike mobiliteit, Rob Quintas, sê ‘n gesamentlike navorsingsprojek sal die werkverrigting, batterylewe en operasionele vereistes oor die volgende 12 maande toets: