Skip to content

Oekraïense Leër sê hy het 50 vierkante kilometer grondgebied van Rusland herower

# Die hoof van Oekraïne se Leër, Oleksandr Syrskyi, sê hulle het verlede maand bykans 50 vierkante kilometer van hul grondgebied van Rusland herwin en voortgebou op die winste sedert die begin van die jaar. Hy sê Moskou se magte het met die verandering in weerstoestande hul aanvalspogings verskerp en uitgevoer langs byna die hele frontlinie van een-duisend-200-kilometer. Syrskyi sê die gebied rondom die beleërde oostelike stad Pokrovsk, wat Rusland al sedert middel 2024 probeer verower, het in Maart van die ergste gevegte gesien.