# Die Internasionale Atoomenergie-agentskap sê enige Amerikaans-Iranse ooreenkoms om die Midde-Oosterse oorlog te beëindig, moet omvattende maatreëls insluit om Teheran se kernbedrywighede te bevestig. Iran het die agentskap nie toegelaat in sy kerngeriewe nadat Israel en Amerika dit in Junie verlede jaar twaalf-dae lank gebombardeer het nie, en beskuldig die agentskap van die Verenigde Nasies van vooroordeel en versuim om die aanvalle te veroordeel. Direkteur-generaal Rafael Grossi sê Iran het ‘n baie omvangryke kernprogram, wat die teenwoordigheid van sy inspekteurs sal vereis as ‘n blywende skietstilstand bereik word.
Atoomenergie-agentskap sê Iran se kernbedrywighede moet bevestig word as ‘n skietstilstandooreenkoms bereik word