Skip to content

Boot met meer as 250 migrante word in die Andaman-see vermis

# Sowat 250 mense word vermis nadat ‘n boot met Rohingja-vlugtelinge en Bangladesjiese burgers in die Andaman-see in die noord-oostelike Indiese Oseaan omgeslaan het. Die vaartuig het vanaf Bangladesj vertrek onderweg na Maleisië toe dit skynbaar gesink het weens sterk wind, rowwe see en oorlading. Die Bangladesjiese Kuswag het nege mense gered. Die Verenigde Nasies se hoëkommissariaat vir Vlugtelinge sê hierdie tragiese voorval weerspieël die ernstige gevolge van langdurige ontworteling en die afwesigheid van langdurige oplossings vir die Rohingja.