# Die Kaapstadse polisie ondersoek die moord op drie mense wat vermoedelik op teregstellingstyl in Gugutlethu vermoor is. Woordvoerder Andrè Traut sê beamptes het reageer op ‘n klagte in Nontulostraat, waar hulle in ‘n huis op die liggame van ‘n man en ‘n vrou afgekom het. Albei het veelvuldige skietwonde aan die kop en bolyf gehad. Nog ‘n man se liggaam is buite gevind met ‘n skietwond aan die agterkant van sy kop. Traut sê die motief vir die skietery is tans onbekend.
Drie mense op teregstellingstyl doodgeskiet in Guguletu, Kaapstad