# Krieket: Punjab Kings is nou die enigste onoorwonne span in die Indiese Premierliga nadat Rajasthan Royals se vleklose rekord tot ‘n stotterende einde gekom het. Sunrisers Hyderabad het ‘n baie mededingende 216 vir ses aangeteken, waarna Praful Hinge drie paaltjies in sy heel eerste boulbeurt platgetrek het. Rajasthan was op nege vir vyf voor die Suid-Afrikaner Donovan Ferreira en Ravindra Jadeja ‘n sesdepaaltjie-vennootskap van 118 opgestel het. Maar dit was nie genoeg nie en Hyderabad het met 57 lopies gewen. Rajasthan is steeds boaan die punteleer en Punjab tweede.
Krieket: Punjab nou die enigste onoorwonne IPL-span na Rajasthan in Hyderabad verneder is