# Tennis: Die sewemalige Grand Slam-kampioen, Carlos Alcaraz, sê hy is gemotiveer om weer die eerste plek op die wêreldranglys te beklee. Die Spanjaard is deur sy Italiaanse teenstander, Jannik Sinner, onttroon nadat hy teen hom verloor het in die eindstryd van die Monte-Carlo-meesterstoernooi. Alcaraz sal terugkeer na die eerste posisie as hy dié week die Barcelona-ope in sy vaderland ‘n derde keer wen. Sinner het besluit om dié toernooi mis te loop. Alcaraz se veldtog begin vandag teen Otto Virtanen van Finland.
Tennis: Alcaraz vasberade om eerste plek op wêreldranglys by Sinner terug te neem