Skip to content

33 bestuurders in Wes-Kaap weens dronkbestuur vasgetrek [KLANK]

Wes-Kaapse verkeersdienste het die afgelope week 51 mense in hegtenis geneem en 140 onpadwaardige voertuie van die pad verwyder. Dit sluit 33 mense in wat weens dronkbestuur vasgetrek is. Agtien padongelukke waarin 21 mense dood is, is aangemeld. Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê toepassing sal streng bly terwyl roekelose bestuur op provinsiale paaie voortgaan om lewens te bedreig:

AFR SilekuONArrested