# ʼn Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se lastersaak van 165,26-miljard-rand teen die Wall Street Journal en sy eienaar, Rupert Murdoch, verwerp. Trump het die saak aanhangig gemaak nadat die Wall Street Journal ʼn brief gepubliseer het wat hy beweer Trump in 2003 aan die seksoortreder, wyle Jeffrey Epstein, geskryf het. Trump sê die brief was ʼn vervalsing. Regter Darrin Gayles sê Trump kon nie bewys dat die koerant kwaadwillig opgetree het nie. Gayles het die saak sonder vooroordeel verwerp en Trump het tot 27 April tyd om ʼn gewysigde klag in te dien.
’n Regter verwerp Trump se lastersaak teen die Wall Street Journal