Skip to content

Voormalige minister van Staatveiligheid, Bongani Bongo se voorverhoorverrigtinge uitgestel oor appèlaansoek

# Die voorverhoorverrigtinge van die voormalige minister van Staatsveiligheid, Bongani Bongo, is deur die Hooggeregshof in die Wes-Kaap tot 22 Mei uitgestel om hom toe te laat om appèl by die Konstitusionele Hof teen ‘n uitspraak van die Appèlhof aan te teken. Bongo word daarvan beskuldig dat hy probeer het om ‘n parlementêre regsadviseur om te koop tydens ‘n ondersoek na staatskaping by Eskom in 2017. Die staat sê hy is gereed om voort te gaan, terwyl die verdediging aanvoer dat die appèl aangehoor moet word. Die borgtog bly verleng.