# Die eerste minister van Hongarye, Viktor Orbán, is na 16 jaar aan bewind uit die kussings gelig deur sy sentrumregs-teenstander, Péter Magyar. Met meer as 98-persent stemme getel, toon voorlopige uitslae dat Magyar se Tisza-party 138 setels kan wen, Orbán se Fidesz 55 en die verregse Ons Tuisland moontlik ses. President Donald Trump van Amerika het Orbán herhaaldelik ondersteun, en visepresident JD Vance het enkele dae voor die verkiesing na Boedapest gereis om sy ondersteuning te toon. Magyar beloof beter verhoudings met die Europese Unie en ʼn einde aan korrupsie.
HHongaarse eerste minister Viktor Orbán verloor verkiesing na 16 jaar aan bewind