Skip to content

Iranse president sê ’n vredesooreenkoms is binne bereik as Amerika internasionale wette gehoorsaam

# Iranse president, Masoud Pezeshkian, sê volgens hom was Amerika se dubbele standaarde en totalitarisme die grootste struikelblokke wat gekeer het dat ʼn ooreenkoms die naweek bereik word. In Islamabad, Pakistan, het belangrike onderhandelinge tussen Amerika en Iran misluk weens verskille oor ingewikkelde kwessies soos Teheran se weiering om sy kernprogram en beheer oor die strategiese Straat van Hormoes te laat vaar. Pezeshkian sê hulle was gereed om ʼn gebalanseerde en regverdige ooreenkoms te bereik. Hy voeg by indien Amerika by internasionale regsraamwerke hou, is ʼn ooreenkoms binne bereik.