# Die Inkatha Vryheidsparty verwelkom vandag meer as 300 nuwe lede in Imbabazane in die Inkosi Langalibalele-munisipaliteit. Die president van die party, Velenkosini Hlabisa lei die geleentheid en beskryf dit as ‘n teken van groeiende momentum te midde van toenemende politieke fragmentasie. Die toestroming word gesien as vertroue in die party se leierskap en visie vir bestendigheid, met die IVP wat homself posisioneer as ‘n geloofwaardige alternatief voor die plaaslikeregeringsverkiesings later vanjaar.
Steun vir IVP groei in KZN met honderde wat aansluit