# Die uittredende voorsitter van die DA se Federale Raad, Helen Zille, sê die party se kongres is ‘n bewys dat hulle leiers openlik en regverdig verkies, sonder korrupsie. Sy het vanoggend ‘n toespraak gelewer tydens die openingsdag van die party se verkiesingskongres in Midrand, Gauteng. Dit is die DA se eerste kongres sedert hy die regering van nasionale eenheid betree het. Zille sê die party moet rasgebaseerde politiek weerstaan, of dit nou van die verregse of die linkerkant af kom:
Helen Zille sê die DA betwis leierskap openlik en regverdig [KLANK]
ENG ZilleOnLeadership