Skip to content

VF Plus beweer waterverliese in Mangaung-munisipaliteit beloop meer as R1,6-miljard

# Die Vryheidsfront Plus sê die Mangaung-munisipaliteit in die Vrystaat het die afgelope vyf jaar meer as twee-miljard-rand se water verloor. Volgens die party is die verliese grootliks te wyte aan lekkende infrastruktuur en dekades van swak onderhoud, met jaarlikse verliese wat die afgelope paar jaar skerp gestyg het. Armand Cloete van die VF Plus sê die munisipaliteit skuld Vaal Sentraal Water meer as 900-miljoen-rand. Cloete blameer swak toesig en vra vir beter finansiële bestuur en verbeterde dienslewering.