# Die Tanzaniese musikant, Sefu Shabani, beter bekend as Matonya, is in Kenia in hegtenis geneem en aangekla van verkragting. Die 43-jarige het die aanklag ontken toe hy in die hof in Mombasa verskyn het. Volgens Kenia se Direkteur van Openbare Vervolging is hy borgtog toegestaan en beveel om sy Tanzaniese paspoort in te handig. Die bekroonde kunstenaar is geliefd vir sy “bongo flava”-treffers. Hy het sowat 15 jaar gelede bekendheid verwerf en tree steeds regoor Oos-Afrika op. Die beweerde seksuele aanranding het Dinsdag in ‘n woonstel in die strandoord Nyali plaasgevind.
Bekende Tanzaniese musikant, Matonya, in Kenia aangekla van verkragting