# Die Europese Unie het sy nuwe Toegangs/Uitgangs-stelsel amptelik bekendgestel, ‘n reuse-digitale grensbeveiligings-opknapping waarin tradisionele handmatige paspoortstempelwerk vervang word met ‘n biometriese databasis. Die stelsel is ten volle in bedryf in alle eksterne grensoorgangspunte van die deelnemende 29 Europese lande. Reisigers moet dus biometriese data gebruik om deur grense na ‘n Schengen-gebied te reis. Die EU se kommissaris vir Binnelandse Sake en Migrasie, Magnus Brunner, sê die stelsel maak dit moeiliker vir misdadigers, terroriste en spioene om vals paspoorte te gebruik.
Europese Unie stel opgeknapte grensbeveiligingstelsel bekend