Skip to content

Duisende Iraniërs in Teheran herdenk Khamanei se dood terwyl hoop op ‘n skietstilstand vervaag

# Duisende Iraniërs het opgeruk na die strate van Teheran om die dood van hul voormalige opperleier, Ali Khamenei, te herdenk, terwyl hoop op ‘n skietstilstand met Amerika en Israel begin ontrafel. Khamenei se ondersteuners het portrette van hul ontslape leier vasgehou en die Islamitiese republiek se vlae laat wapper. Khamenei is op 28 Februarie dood in Amerikaans-Israelse aanvalle. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, en die spesiale gesant, Steve Witkoff, word intussen môre in Pakistan se hoofstad, Islamabad, verwag vir die eerste ronde vredesgesprekke.