# Sokker: Die Afrika-beheerliggaam het Senegal se beskuldiging van korrupsie verwerp na die land van sy Afrikabeker-titel gestroop is. Marokko is as oorwinnaar gekroon nadat Senegal se spelers tydens die eindstryd van die veld gestap het oor ‘n omstrede strafskop aan Marokko. Die president van die CAF, Patrice Motsepe, verwelkom die moontlikheid van regstappe teen die besluit en sê hulle het niks om weg te steek nie. Hy sê hulle sal die besluit van die Hof van Arbitrasie vir Sport respekteer nadat Senegal ‘n klagte ingedien het.
Sokker: CAF ontken Senegal se beskuldiging van korrupsie na hy van Afcon-titel gestroop is