Skip to content

Beleërde minister Tolashe moet voor ANC se Integriteitskommissie verskyn

# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Sisisi Tolashe, gaan voor die party se Integriteitskommissie gedaag word. Sy het aan die Parlement gesê sy het twee luukse voertuie van Chinese amptenare as skenkings aan die ANC-Vroueliga aanvaar, maar dit wil voorkom of dit aan haar twee kinders gegee is vir hul persoonlike gebruik sonder dat dit verklaar is. Tolashe het dit ontken en sê sy is gereed om haar naam in ere te herstel. Mbalula sê sy kan ook vrywillig voor die komitee verskyn.