Skip to content

Adjunkpresident Mashatile herhaal dat hy Vusumuzi “Cat” Matlala nooit ontmoet het nie

# Adjunkpresident Paul Mashatile het herhaal dat hy nie die vermeende Groot 5-kartelfiguur, Vusumuzi “Cat” Matlala, ken nie. Die geskorste polisiesersant, Fannie Nkosi, het verlede maand aan die Madlanga-kommissie gesê Matlala het ʼn ontmoeting met Mashatile gereël. Mashatile het gister by die Gautengse Beleggingskonferensie gesê hy was nie in die land toe die vergadering met Matlala plaasgevind het nie. Hy het ook gesê hy is bereid om sy volle samewerking aan die kommissie te gee.