Skip to content

Rubicon Communications en sy uitvoerende hoof moet R2,7-miljoen aan die Nasionale Vaardigheidsfonds terugbetaal

# Die Spesiale Ondersoekeenheid het ʼn skulderkenning van Rubicon Communications en sy uitvoerende hoof, Hangwani Mudangawe Nengovhela, ontvang. Die Nasionale Vaardigheidsfonds het in November 2018 byna 2,7-miljoen-rand aan die maatskappy toegeken om ʼn leierskap- en vaardigheid-ontwikkelingsplan vir 100 leerders op te stel. Dit het egter nooit gebeur nie. Die Ondersoekeenheid sê die geld is gebruik om Rubicon se bedryfsuitgawes, logistiek, masjienaankope, huurkontrakte, skoolfooie en persoonlike oordragte te betaal. Hy sê die fonds sal die volle bedrag, plus rente en onkoste, terugkry.