Skip to content

Netanyahu het sy kabinet opdrag gegee om onderhandelinge met Libanon te begin

# Die Israelse premier Benjamin Netanyahu sê hy het sy kabinet beveel om regstreekse gesprekke met Libanon te begin. Hy sê die fokus sal wees op die ontwapening van Hizbollah en die vestiging van vreedsame betrekkinge tussen die twee lande. Dit volg na die Israelse weermag se grootste aanval op Libanon, waartydens meer as 200 mense Woensdag dood is. Die weermag het meer as 100 sogenaamde Hizbollah-bevelsentrums en militêre terreine getref. Netanyahu sê hy het ‘n oproep deur die Libanese premier, Nawaf Salam, verwelkom om Beiroet te demilitariseer.