# Padwedlope: Die Paralimpiese medaljewenner en wêreldrekordhouer, Louizanne Coetzee, gaan hierdie naweek haar debuut maak in die 56-kilometer Twee Oseane-marathon. Coetzee sê sy is opgewonde, maar senuweeagtig om haar eerste ultra-marathon aan te pak, terwyl sy voortgaan om op die baan mee te ding. Sy sê die geleentheid sal help om ervaring op te bou voor die Paralimpiese Spele in Los Angeles. Coetzee sê korter ultra-wedlope is deel van haar voorbereiding om haar geestelik te versterk vir toekomstige marathons.
Padwedlope: Paralimpiese atleet Louzanne Coetzee gereed vir haar eerste 56-kilometer Twee Oseane-marathon