Skip to content

Meer as vier-duisend wit Afrikaners hervestig ingevolge Amerikaanse vlugtelingprogram

# Meer as vier-duisend wit Afrikaners het reeds in Amerika aangekom ingevolge ‘n omstrede vlugtelingprogram van president Donald Trump. ‘n Dokument van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake se Buro vir Bevolking dui aan meer as vier-duisend-400 Suid-Afrikaners is in 48 state hervestig tussen Oktober 2025 en verlede maand. Die meeste aankomelinge was in Februarie en Maart vanjaar, met meer as een-duisend-300 mense wat elke maand hervestig is. Die Trump-administrasie regverdig die besluit deur te beweer die minderheid worstel teen volksmoord, maar die Suid-Afrikaanse regering verwerp dit ten sterkste.