# Padwedlope: Suid-Afrika se langafstand-koningin, Gerda Steyn, het die naweek haar oog op ʼn sewende Twee Oseane-marathonkroon en sê sy gebruik verwagting as ondersteuning om haar selfvertroue te versterk. Sy het die ikoniese padwedloop oor 56-kilometer in 2016 die eerste keer aangedurf en, vir haar, in ‘n teleurstellende 14de plek klaargemaak, maar sedertdien elke keer gewen wanneer sy deelgeneem het. Die 36-jarige Steyn sê as sy Saterdag wen, sal dit ʼn droom wees wat waar word. Sy hou sedert 2024 die rekord van drie-uur-26-minute-54-sekondes.
Padwedlope: Gerda Steyn wil die sewende keer die Twee Oseane-kroon dra