# Die MK-party het regstappe ingestel teen die voormalige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi. Hy vra die terugtrekking van die besluit van 2019 om aanklagte van afpersing te laat vaar teen die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen, en sy medebeskuldigde, Johannes van Tonder. MK se adjunkpresident, John Hlophe, betoog voor die Hooggeregshof in Pretoria Batohi se besluit het berus op ‘n paneelverslag sonder enige onafhanklike evaluering van die bewysrekord. Hy sê die Nasionale Vervolgingsgesag moes ook nie skikkingsooreenkomste met die twee gesluit het nie.
MK-party doen regstappe teen Batohi se besluit om aanklagte teen Johan Booysen en Johannes van Tonder terug te trek