Skip to content

Motorsport: F1 se tegniese hoofde vergader oor moontlike aanpassings aan die nuwe regulasies

# Motorsport: Senior tegnici van Formule Een-spanne en die vervaardigers van krageenhede gaan vandag vergader oor moontlike aanpassings aan die nuwe regulasies vir dié seisoen. Van die renjaers het kritiek uitgespreek oor die nuwe regulasies vir die krageenhede, wat ‘n verdeling van 50-persent tussen elektriese uitset en binnebrand-uitset het. Die Internasionale Outomobiel-federasie, wat motorsport wêreldwyd beheer, sê enige moontlike verstellings, veral dié wat energiebestuur raak, vereis versigtige nabootsing en ‘n omvattende ontleding.