# Hizbollah-militante in Libanon het vanoggend aanvalle op Noord-Israel en Israelse soldate in Libanon gestaak nadat ‘n skietstilstand tussen Amerika en Iran aangekondig is. Die sleuteltussenganger, die Pakistanse eerste minister, Shehbaz Sharif, sê die skietstaking van twee weke sluit Libanon in, waar ‘n nuwe oorlog tussen die Irans-gesteunde Hizbollah en Israel vroeg verlede maand uitgebreek het. Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, het egter gesê die wapenstilstand sluit nie Libanon in nie. Israel het ‘n nuwe ontruimingsbevel aan ‘n suidelike stad uitgereik wat aandui hy kan dit binnekort aanval.
Hizbollah staak aanvalle op Israel tydens Amerika en Iran se wapenstilstand