Skip to content

Israel sê die skietstilstand van twee weke sluit nie Libanon in nie

# Israel sê hy ondersteun president Donald Trump van Amerika se besluit om aanvalle teen Iran vir twee weke op te skort, maar beklemtoon dat die skietstilstand nie Libanon insluit nie. Dit weerspreek die bemiddelaar, Pakistan, se verklaring dat Libanon wel ingesluit is. Volgens berigte is meer as een-duisend-500 mense, insluitend 130 kinders, in Libanon dood sedert die Israelse weermag met aanvalle begin het. Eerste minister Benjamin Netanyahu se kantoor sê Israel ondersteun ook Amerika se poging om seker te maak Iran hou nie meer ʼn kern-, missiel- en terreurbedreiging in nie.