Skip to content

Gholf: Rory McIlroy slaan af saam met Cameron Young en Mason Howell met die verdediging van sy Meesters-titel

# Gholf: Die verdedigende kampioen, Rory McIlroy, speel saam met Cameron Young en die amateur Mason Howell in die eerste twee rondes van die Amerikaanse Meesters-toernooi wat môre op Augusta in Georgië begin. Die Noord-Ier het verlede jaar sy loopbaan-Grand Slam behaal met sy oorwinning in ‘n uitspeelstryd. Die wêreld-nommer-een, Scottie Scheffler van Amerika, sal saam met die Skot Bob MacIntyre en sy landgenoot Gary Woodland afslaan. Verlede jaar se naaswenner, Justin Rose van Engeland, is saam met 2015 se wenner, Jordan Spieth, en die vyfmalige major-kampioen, Brooks Koepka.