Nuus 17:00
BULLETIN 7 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Cyril Ramaphosa vra voortgesette genesing tydens die bekendstelling van die WVK-behuisingsreparasie-program
# Yolande Faro beskuldig Fanie Nkosi van inmenging by verkryging en ontken politieke invloed
# En, die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging rig ‘n waarskuwing oor die gevare in die opgaar van brandstof
# President Cyril Ramaphosa sê die 30ste herdenking van die Waarheids- en Versoeningskommissie is ‘n belangrike oomblik in Suid-Afrika se reis na geregtigheid en eenheid. Ramaphosa het tydens die bekendstelling van die Waarheids- en Versoeningskommissie se Behuisingsreparasies in Ndwedwe, KwaZulu-Natal, verwys na pogings om grondregte en waardigheid te herstel en sê hierdie stap help om vorige ongeregtighede te genees en nasionale eenheid en geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners te versterk:
# Die hoof van die Metropolisie in Tshwane, Yolande Faro, het aan die Madlanga-kommissie gesê Fannie Nkosi van die SAPD se eenheid vir Georganiseerde Misdaad in Gauteng, het geen reg het om in TMPD se verkrygingsprosesse in te meng nie. Faro sê sy was onbewus van enige betrokkenheid. Faro het beklemtoon dat enige TMPD-lede wat by oortredings betrokke is, dissiplinêre stappe kan verwag. Sy het in antwoord op kommissaris Sandile Khumalo se stellings oor politieke inmenging, ontken dat sy deur politici genader is om tenders te beïnvloed:
# Die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging sê die berging van petrol by die huis kan ernstige veiligheids-, omgewings- en versekeringsgevare inhou. Sekere verbruikers het blykbaar begin om groot hoeveelhede brandstof te berg te midde van onsekerheid oor brandstofvoorraad weens die Midde-Oosterse konflik. Die vereniging sê die meeste munisipaliteite laat slegs 20 tot 25 liter brandstof in goedgekeurde houers op ‘n slag toe, wat vir algemene gereedskap soos grassnyers gebruik word. Hy sê die berging van meer brandstof as die vereiste perke is ‘n oortreding van verskeie regulasies.
# Buitelanders in KuGompo-stad in die Oos-Kaap leef in vrees na die plundering van verskeie sake-ondernemings tydens verlede week se betogings wat veroorsaak is deur die omstrede kroning van ‘n selfverklaarde Nigeriese koning. Die Pakistan-Suid-Afrikaanse Sakevereniging veroordeel aanvalle in Buffalo City en sê Pakistanse en ander buitelandse sake-eienaars het verliese aangemeld. Die organisasie pleit vir beter sekerheidsmaatreëls voor môre se beplande nuwe betogings.
# Rugby: Die vier Suid-Afrikaanse spanne kan nou net op die Verenigde Rugbykampioenskap fokus nadat hulle uitgeskakel is uit ander Europese kompetisies. Die Stormers en die Bulle het die naweek in die Kampioenebeker verloor en die Haaie in die Uitdaagbeker, terwyl die Leeus vroeër uitgeskakel is. Die Stormers is tans tweede op die VRK-punteleer en onderweg na ‘n tuis-kwarteindstryd. Die Leeus, die Bulle en die Haaie het nog baie werk voor as hulle onder die top-agt wil eindig.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-88-sent teen die dollar, 19-rand-51-sent teen die euro en 22-rand-36-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-550-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-652-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent ruolie is 107-dollar-1-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….