Skip to content

Sasria op dreef om teiken vir kapitale reserwes te bereik terwyl hy Suid-Afrikaners teen maatskaplike oproer beskerm

# Die Suid-Afrikaanse Spesiale Risikoversekeringsvereniging sê hy behoort sy kapitaalreserwe-teiken van 30-miljard-rand teen 2029 te bereik. Dit volg nadat die staatsbeheerde instelling onlangs weer sy Wrap Cover beskikbaar gestel het. Dit bied groot korporatiewe versekering teen toenemende risiko’s wat verband hou met burgerlike onrus, geweld, betogings, openbare wanorde en terrorisme. Die onluste in Julie 2021 het tot skade van meer as 31-miljard-rand gelei. Sasria se uitvoerende hoof, Mpumi Tyikwe, sê die beskikbaarheid van voldoende risiko-oordragvermoë keer dat mense kapitaal onttrek, en verbeter korporatiewe veerkragtigheid en die land se vermoë om toekomstige skokke te absorbeer.